Soetrissies is veelsydig en voedsaam. Loer bietjie na ‘n paar heerlike resepte in ons 23 Mei-uitgawe en probeer dié gebakte soetrissies met sampioene
Soetrissies met sampioene
6 porsies
bietjie olie
2 uie, gekap
30 ml (2 e) vars pietersielie
500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene, in skywe gesny
knypie sout
1 ml suurlemoenpeper
3 middelmatige soetrissies (geel, rooi en oranje)
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer uie en pietersielie tot ui sag is.
2 Voeg sampioene by en soteer tot sag.
3 Geur met sout en suurlemoenpeper.
4 Halveer soetrissies. Verwyder wit vliese en pitjies.
5 Plaas gehalveerde soetrissies met ronde kante na onder in groot genoeg oondvaste bak wat met kossproei gespuit is.
6 Verdeel sampioenvulsel tussen gehalveerde soetrissies.
7 Bedek oondbak met foelie en bak vir 30 tot 35 minute tot soetrissies sag is.
8 Verwyder foelie en rooster onder oond se element tot ligbruin bo-op.
9 Sit warm saam met slaai voor.
WENK Jy kan ook mozzarellakaas of haloumikaasblokkies tussen die sampioene gebruik