Verras jou gaste met ’n poeding wat sjokolade in die middel het
Gebakte sjokoladepoeding
6 porsies
Bestanddele
220 g botter
180 g (1 groot plak) bruin melksjokolade, in blokkies gebreek
4 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) strooisuiker
75 ml (5 e) koekmeel
knypie sout
AFRONDING
250 ml (1 k) vars room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) versiersuiker
vars vrugte, bv frambose
Metode
- Smelt botter en sjokolade oor dubbelkoker teen matige hitte tot gesmelt en glad. Roer gereeld.
- Haal sjokolademengsel van warm water af en laat eenkant afkoel.
- Klits eiers en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel, ongeveer vier minute.
- Sif koekmeel en sout oor eiermengsel en roer tot gemeng.
- Giet sjokolademengsel by eiermengsel.
- Plaas sjokolademengsel vir een uur in vrieskas.
- Stel oond nou op 200 ˚C.
- Smeer ses metaalramekinbakkies met botter en sprinkel bietjie kakao in ramekins.
- Verdeel sjokolademengsel tussen ramekinbakkies en plaas in oondpan sodat dit makliker hanteer.
- Bak vir 14 tot 16 minute of tot net gestol. Die binnekante gaan loperig wees.
- Afronding Klits room saam met vanieljegeursel en versiersuiker met elektriese klitser tot styf.
- Laat gebakte poedings eers twee minute in ramekins afkoel en keer dan uit.
- Sit saam met room en vars vrugte voor.