’n Gebakte sjokoladepoeding op ’n wintersdag is altyd in die kol
Bestanddele
8 porsies
250 ml (1 k) koekmeel
30 ml (2 e) kakao
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
125 ml (½ k) strooisuiker
250 g (½ blok) botter
2 00 g (1 groot plak) donkersjokolade, grofgekap
6 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 pakkie Rolo-sjokolade
OM VOOR TE SIT
aarbeie of frambose
versiersuiker vir bo-oor
LEES OOK: Kondensmelk-en-sjokolade-rol
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam. Meng strooisuiker by meelmengsel.
- Smelt botter en sjokolade saam tot glad in mikrogolf of in dubbelkoker op stoof. Verwyder van hitte en laat bietjie afkoel.
- Klits eiers met vurk tot net gemeng. Voeg eiers vinnig by gesmelte sjokolademengsel terwyl jy aanhoudend roer.
- Roer vanieljegeursel en gesifte meelmengsel by gesmelte sjokolademengsel.
- Spuit agt ramekin-bakkies met kossproei en skep tot amper ¾ vol.
- Druk een Rolo of meer in elke poeding sodat dit met deeg bedek is.
- Sit ramekinbakkies in oondpan wat halfpad met water gevul is.
- Bak vir 20 minute. Die buiterande van poedings moet gestol wees, maar die middelste gedeelte moet nog klam en bietjie ingesink wees.
- Sit saam met aarbeie of frambose voor en sprinkel versiersuiker bo-oor.