Bederf die man in jou huis met ‘n heerlike tuisgekookte ete op sy spesiale dag. Onthou, dis net een keer per jaar Vadersdag!
• 8 porsies
Bestanddele
Stroop
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) sjerrie
1 kaneelstokkie
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
Deeg
375 ml (1½ k) koekmeel
60 ml (4 e) strooisuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
knypie droë gemengde speserye
1 ml sout
166 ml (2/3 k) olie
1 ekstragroot eier
60 ml (4 e) aarbeikonfyt
250 ml (1 k) volroommelk
2,5 ml (½ t) koeksoda
50 g (½ pakkie) pistasieneute, grofgekap
• Stel oond op 180 °C.
Metode
1 Stroop Plaas water, suiker, sjerrie en kaneelstokkie in kastrol. Kook oor mediumhitte tot suiker opgelos is.
2 Verhoog stoofplaat se hitte en laat kook vir 2 minute vandat dit begin borrel.
3 Verwyder kastrol van hitte en haal kaneelstokkie uit. Voeg vanielje by.
4 Gebruik oondbak van 30 cm x 20 cm wat met kossproei gespuit is.
5 Deeg Meng koekmeel, strooisuiker, kaneel, speserye en sout saam in mengbak.
6 Klits olie en eier saam tot gemeng.
7 Roer aarbeikonfyt, volroommelk en koeksoda by.
8 Roer vloeistofmengsel by meelmengsel tot deeg vorm.
9 Skep deeg in stroop en sprinkel neute oor.
10 Maak poeding met foelie toe en bak vir 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
11 Sit warm voor soos verkies, byvoorbeeld geklitste room of vla.
Wenk Jy kan ook vir elkeen sy eie poeding maak. Gebruik agt klein oondbakkies van 6 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is. Bak vir 20 minute of tot gaar