Bak ’n lekker souserige pynappelpoeding vir die winter
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER Foto ANDREA Caldwell
6 tot 8 porsies
Bestanddele
100 g (1/5 blok) sagte botter
312 ml (1¼ k) suiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
440 g (1 blik) fyn pynappel
375 ml (1½ k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
knypie sout
60 ml (4 e) klapper
60 ml (4 e) pekanneute, grofgekap
SOUS
100 g (1/5 blok) botter
125 ml (½ k) suiker
125 ml (½ k) volroommelk
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Stel oond op 180 °C.
Metode
- Room botter en suiker saam tot liggeel.
- Voeg eiers by en klits. Roer vanieljegeursel by.
- Giet fyn pynappel saam met stroop by eiermengsel. Roer tot gemeng.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer klapper en neute by meelmengsel.
- Roer meelmengsel by eiermengsel tot deeg.
- Skep deeg in gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
- Bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Sous Maak sous terwyl poeding bak.
- Plaas botter, suiker, melk en room saam in kastrol en verhit oor matige hitte. Roer gereeld sodat suiker kan oplos. Prut vir vier minute vandat al die suiker opgelos is.
- Roer vanieljegeursel by en giet warm sous oor gebakte poeding sodra dit uit oond kom.
- Sit saam met vla voor.