4 porsies
Bestanddele
ongeveer 50 g bokmelkkaas
820 g (1 groot blik) peerhelftes, gedreineer
8 skywe prosciuttovleis
125 ml (½ k) heuning
sosatiestokkies
Metode
Stel oond op 200 °C.
1. Skep bokmelkkaas in versiersak met gewone spuitpunt. Vul albei holtes van peerhelftes. Plaas pere teen mekaar.
2. Draai stuk prosciuttovleis om elke peer.
3. Steek pere op sosatiestokkies.
4. Plaas pere in oondbak wat met kossproei gespuit is.
5. Drup bietjie heuning bo-oor elke peer.
6. Bak vir 6 min. of tot net deurwarm.
7. Sit dadelik saam met ekstra heuning voor