’n Gebakte kaaskoek bak wel baie lank, maar dis die moeite werd. Sit dit met karamel en versuikerde pekanneute voor
Deur MARELI VISSER
1 koek
Bestanddele
5 groot eiers
500 ml (2 k) suurroom
4 x 240 ml-houers roomkaas
125 ml (½ k) botter
340 ml (13/8 k ) suiker
30 ml (2 e) mielieblom (Maizena)
10 ml (2 t) vanieljegeursel
5 ml (1 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) suurlemoenskil
karamelsous
versuikerde pekanneute
Metode
Verhit oond tot 150 °C en bedek losboomkoekpan met foelie aan buitekant.
- Meng eiers en suurroom.
- Klits roomkaas en botter tot glad.
- Meng eier- en roomkaasmengsel tot glad.
- Voeg suiker, mielieblom, vanielje, suurlemoensap en suurlemoenskil by en meng goed.
- Skep mengsel in koekpan en plaas in oondbak wat met water gevul is. Die water moet die helfte van die koekpan bedek.
- Bak vir twee uur en 15 minute of totdat koek liggies begin verbruin en ’n mes skoon uitkom.
- Skakel oond af en los kaaskoek vir 1 uur in oond.
- Haal kaaskoek uit oond en laat oornag in koekpan in yskas afkoel.
- Bedien met karamelsous en versuikerde pekanneute.