Hierdie hawermoutblokkies is vullend en heerlik met die bessies in
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ELMARIE KNAPTON
ongeveer 48 blokkies
Bestanddele
2 50 ml (1 k) graanvlokkies (Kellogg’s Corn Flakes), growwerig fyngedruk
250 ml (1 k) klapper
750 ml (3 k) hawermout
125 ml (½ k) sonneblomsade
2 50 ml (1 k) gedroogde bosbessies (cranberries) – Woolworths
125 ml (½ k) pekanneute, gekap
250 ml (1 k) koekmeel
375 ml (1½ k) ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) sout
250 g (½ blok) botter
45 ml (3 e) heuning
10 ml (2 t) koeksoda
80 ml (1/3 k) volroommelk
LEES OOK: Weet-Bix-blokkies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng graanvlokkies, klapper, hawermout, sonneblomsade, bosbessies, pekanneute, koekmeel, bruinsuiker, kaneel en sout goed saam in mengbak.
- Smelt botter en heuning saam en roer tot glad en gemeng.
- Meng koeksoda en volroommelk saam.
- Roer koeksodamengsel by gesmelte bottermengsel.
- Meng bottermengsel by hawermoutmengsel.
- Voer bakplaat van 24 cm x 24 cm met bakpapier uit en spuit goed met kossproei.
- Druk mengsel in bakplaat vas sodat dit gelyk bo-op is.
- Bak vir 18 minute of meer tot ligbruin bo-op.
- Laat vir 20-22 minute in bakplaat afkoel en sny in blokkies van ongeveer 3 cm x 3 cm groot.
- Skep op afkoelrakkie uit