Die perskeverrassing in fillodeeg smaak sommer vorentoe
• 6 porsies
Bestanddele
250 g (½ pak) fillodeeg
100 g (1/5 pak) botter, gesmelt
410 g (1 blik) perskehelftes, gehalveer
90 g (1 plak) witsjokolade, in blokkies gebreek
60 ml (4 e) pistasieneute, grofgekap
6 toutjies vir vasknoop
Metode
1 Verf elke fillodeegvel met gesmelte botter, vou in helfte en verf weer met gesmelte botter.
2 Plaas perskehelfte, blokkies sjokolade en ‘n opgehoopte teelepel gekapte pistasieneute in middel van fillodeeg.
3 Druk fillodeegvel bymekaar en knoop met toutjie bymekaar.
4 Plaas op bakplaat en verf weer met gesmelte botter aan buitekante.
5 Doen dieselfde met ander fillodeegpakkies.
6 Bak vir 16 tot 20 minute tot goudbruin.
7 Sit warm saam met vla voor.
WENK Vervang die perskehelftes met peerhelftes