Lemoene is mos volop in die winter en kan gebruik word om heerlike maklike geregte en gebak mee te maak
• 4 porsies
Bestanddele
4 lemoene
60 g (¼ pakkie) dadels, grof gekap
8 pekanneute, grof gekap
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) gouestroop
60 ml (4 e) ligte bruinsuiker
30 ml (2 e) brandewyn
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Skil lemoene sodat alle skil en wit gedeeltes verwyder is. Dit moet soos oranje bal lyk.
2 Plaas lemoene in vier klein ramekinbakkies met 8 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is.
3 Meng dadels en pekanneute en verdeel tussen ramekinbakkies.
4 Verhit botter, gouestroop, bruinsuiker en brandewyn in kastrol oor lae hitte. Roer af en toe tot suiker opgelos is.
5 Verdeel stroop tussen ramekinbakkies.
6 Bedek bakkies met foelie en plaas in bakplaat.
7 Bak vir 20 minute. Sit saam met vla voor.