12 porsies
Bestanddele
400 g tennisbeskuitjies
160 g botter
100 g strooisuiker
900 g roomkaas
200 g suiker
4 groot eiers
320 ml room
skil van 2 ClemenGold-mandaryne
sap van een suurlemoen
4 ClemenGold-mandaryne (opsioneel)
Kors:
- Maak tennisbeskuitjies fyn in ’n voedselverwerker en voeg gesmelte botter en strooisuiker by.
- Druk korsmengsel in losboompan.
Vulsel:
- Meng roomkaas en suiker in voedselverwerker tot glad.
- Voeg eiers een-vir-een by gevolg deur die room, suurlemoensap en ClemenGold-skille. Meng tot glad.
Bak:
- Voeg vulsel by kors en plaas pan oor ’n waterbad
- Bak teen 150°C vir ongeveer 90 minute of tot stewig.
- Haal uit en laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas in yskas tot gestol.
Bolaag: segmente van 4 ClemenGold-mandaryne (opsioneel)
- Skil en verwyder enkele segmente van die mandaryne.
- Sny buitenste membrane van elke segment in die lengte deur die binneste kurwe met ’n skerp mes en verwyder die merg en buitenste membrane.
- Versier met voorbereide ClemenGold-segmente.
Metode
- Voorverhit oond tot 150°C.
- Bedek die buitekant van ’n losboompan, aan die bodem en teen die kante, met foelie en dan twee keer met kleefplastiek om dit waterdig te maak.