6 Porsies
Bestanddele
800 g ( 2 x 400 g rolle) skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
Vulsel
18 aarbei, gewas en ontstingel
handvol bloubessies
100 g witsjokolade, grof gekap
Om voor te sit
250 ml (1 k) room
10 ml (2 t) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
vars bessies bv. frambose en bloubessies
Metode
Stel oond op 200 °C.
1 Voer groot bakplaat met bakpapier uit en wat met kossproei gespuit is.
2 Rol skilferkorsdeeg oop en druk groot harte met koekiedrukker uit. Plaas op voorbereide bakplate.
3 Pak aarbeie en paar bloubessies of soveel vrugte soos wat sal pas op hartjie, maar nie tot op kante nie. Sprinkel bietjie sjokolade bo-oor.
4 Verf kante van hartjie met water.
5 Rek en trek uitgedrukte hartjie wat bo-oor vulsel moet pas sodat dit effens groter as onderste hartjie is.
6 Druk kante van hartjies met vurk bymekaar. Jy kan tot by hierdie stap doen en dan in yskas plaas. Bak net voor dit geëet gaan word.
7 Verf eier bo-oor hartjies en bak vir 18 minute of tot goudbruin bo-op.
8 Laat bietjie afkoel op bakplaat.
9 Om voor te sit Klits room, versiersuiker en vanieljegeursel saam tot styf met elektriese klister.
10 Dien hartjies saam met styfgeklitste room en ekstra vars bessies op.