Bak ’n appelkaaskoek wat almal aan die praat sal hê
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ANDREA CALDWELL
12 porsies
KORS
200 g (1 pakkie) Eat-Sum-More-koekies
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
500 g (2 x 250 g-bakkies) roomkaas
125 ml (½ k) strooisuiker
3 eiers
knypie sout
410 g (1 blik) tertappels, gekap
1 ml fyn kaneel
Stel oond op 180 °C.
- Kors Kap koekies in voedselverwerker fyn.
- Voeg botter by en roer tot gemeng.
- Druk koekies op bodem van losboomkoekpan van 22 cm in deursnee vas.
- Bak kors vir 12 minute. Haal uit en hou eenkant.
- Vulsel Meng roomkaas, strooisuiker, eiers en sout.
- Meng tertappels en kaneel en roer by roomkaasmengsel in.
- Skep vulsel op gebakte kors en bak weer vir 25 minute tot amper gestol in middel. Middel van tert hoef nie kurkdroog te bak nie.
- Laat oonddeur oop en laat in oond afkoel.
- Sit saam met styfgeklitste room, klein geblikte appeltjies en neute voor indien verkies.