Het jy al begin om koekies te bak vir die vakansie? Bak dié lekker gemmerkoekies!
lewer sowat 12 dosyn
Bestanddele
185 g (200 ml) botter/margarien
250 ml (1 k) gouestroop
1 250 ml (5 k) ongesifte koekmeel
20 ml (4 t) koeksoda
20 ml (4 t) kremetart
60 ml (4 e) fyn gemmer
5 ml (1 t) sout
3 groot eiers
625 ml (2½ k) bruinsuiker
Metode
Stel oond op 180 °C
- Smelt margarien en stroop in kastrol oor matige hitte en laat afkoel.
- Sif meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
- Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot alles gemeng is.
- Gooi suiker bo-oor en roer tot mengsel nat is, maar suiker nie gesmelt nie.
- Gooi oor meelmengsel en meng goed.
- Bedek deeg met plastiek en laat sowat 3 uur rus.
- Rol deeg in balletjies sowat 1½ keer die grootte van ‘n okkerneut en plaas 3 cm uit mekaar op gesmeerde bakplate.
- Druk balletjies effens plat.
- Bak vir 12 minute.