Bestanddele
KOEK
3 eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
187 ml (¾ k) melk
45 ml (3 e) olie
375 ml (1½ k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
knypie sout
2,5 ml (½ t) vanielje
KOFFIELAAG
60 ml (4 e) sterk swart aangemaakte koffie
45 ml (3 e) bruinsuiker
10 ml (2 t) brandewyn
VERSIERSUIKER
100 g (1/5 blok) sagte botter
750 ml (3 k) versiersuiker
30 ml (2 e) sterk swart aangemaakte koffie
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
2. Verhit melk effens en roer olie by.
3. Sif koekmeel, bakpoeier en sout.
4. Roer meelmengsel en melkmengsel beurtelings by eiermengsel. Roer vanielje by.
5. Skep beslag in ronde koekpan met 22 cm-deursnee.
6. Bak vir 25 min. of tot toetspen skoon uitkom. Keer koek uit om heeltemal af te koel.
7. Koffielaag: Meng bestanddele vir koffielaag tot goed opgelos.
8. Sny koek horisontaal in helfte. Sprinkel helfte van koffiemengsel op onderste koeklaag.
9. Versiersuiker: Room botter tot liggeel. Klits versiersuiker bietjies-bietjies by. Voeg koffie by soos wat versiersuiker te dik begin raak. Klits tot romerig.
10. Smeer helfte van versiersuiker op onderste koeklaag. Plaas ander koeklaag bo-op.
11. Versier met oorblywende versiersui