Haar ma het hierdie resep jare gelede gevind en dit is elke keer ’n wenresep om gaste mee te beïndruk. Dis ongelooflik maklik en vinnig om te maak.
Kan-nie-stop-kaaskoek
6 porsies
KORS
200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
75 ml (5 e) botter, gesmelt
VULSEL5 70 g (2 x 385 g-blikke) kondensmelk
500 g (2 x 250 g-bakkies) gladde roomkaas
125 ml (½ k) suurlemoensap
BOLAAG
410 g (1 blik) aarbeie of 115 g (1 blikkie)grenadellapulp
10 ml (2 t) mielieblom
Stel oond op 180 °C.
1 Kors Maak Tennisbeskuitjies fyn en roer gesmelte botter by.
2 Druk krummels op bodem van 22 cm-losboomkoekpan of -oondvastetertbord wat met kossproei gespuit is.
3 Vulsel Giet kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap saam in groot mengbak.
4 Klits met elektriese klitser tot gemeng.
5 Giet op koekiekors en skud effens sodat jy ’n paar borreltjies sien.
6 Bak vir 15 minute in oond. Laat afkoel en plaas in yskas tot benodig.
7 Bolaag Indien verkies, kan aarbeie se stroop in kastrol afgegiet word. Roer klein bietjie aarbeistroop by mielieblom tot gladde pasta. Roer pasta by aarbeistroop en verhit tot stroop verdik. Roer af en toe.
8 Verwyder van hitte en roer aarbeie by.
9 Skep aarbeimengsel in bekertjie en sit saam met kaaskoek voor.
10 Jy kan dieselfde met grenadellapulp doen, maar gebruik slegs 2,5 ml (½ t)mielieblom om dit mee te verdik.