12 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
375 ml (1½ k) arboriorys
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) baba-ertjies
6 songedroogde tamaties, gekap
60 ml (4 e) fyn parmesan
sout en peper na smaak
4 eiers
45 ml (3 e) melk
1 hand vol roketblare
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer ui, kruie en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer nog bietjie.
2 Voeg rys en hoenderaftreksel by. Laat prut vir 20 min. oor lae hitte.
3 Verwyder van hitte en roer ertjies, tamaties en kaas by en geur met sout en peper.
4 Voer ronde koekpan met 20 cm-deursnee met bakpapier. Spuit met kossproei. Skep rysmengsel daarin en maak gelyk bo-op.
5 Klits eiers en melk en gooi bo-oor rysmengsel.
6 Plaas in oondpan en bak vir 45 min. of tot gestol in middel.
7 Laat ongeveer 15 min. in koekpan afkoel en keer versigtig uit.
8 Sit louwarm in skywe saam met roketblare voor.