Platbrode is vinnig, maklik en goedkoop om te maak. Hulle is ook veelsydig aangesien mens verskillende bolae kan skep wat jou gaste en elke geleentheid sal pas. Hier’s ’n resep vir platbrood wat jy tuis saam met jou gunsteling-wyn uit die Two Oceans-kelder kan aanbied.
Bestanddele
250 g meelblom
25 g gesoute botter
2,5 g tafelsout
125 ml water
Growwe sout
Geklaarde botter vir bo-op die brood
Geur van jou keuse (byv. papawersaad of sumakgegeurde dukkah)
Metode
Smelt die botter. Kombineer die meel en sout, en voeg dan die gesmelte botter en water by. Meng deeglik met ’n elektriese menger om ’n taamlik klewerige deeg te kry. Bedek met plastiek en laat in die yskas vir 2 uur.
Voorverhit die oond tot 180°C. Rol klein stukkies van die deeg, een op ’n slag, deur ’n pastamasjien tot baie dun. Sny in die verlangde vorm en plaas op ’n bakpan. Besmeer met geklaarde botter, besprinkel met growwe sout en die verlangde geursel (byv. papawersaad of sumakgegeurdedukkah). Bak vir 8 tot 10 minute tot bros.
(Die resep is deur Nadin Pospech van Top Nosh Specialty Caterers voorsien.)
Meer oor Two Oceans Two Oceans se wyne kos sowat R35 per bottel en is landwyd by drankwinkels beskikbaar.
Two Oceans, een van Suid-Afrika se suksesvolste wyn-uitvoerprodukte wat in meer as 80 lande verkoop word, weet dat die meeste mense vandag nie tyd het om groot etes voor te berei voor vriende kom kuier nie.
“Terwyl ons dikwels droom van hemelse disse optoor, is die meeste mense net eenvoudig te besig om tyd daarvoor in te ruim,” verduidelik Jackie Olivier, globale bemarkingsbestuurder van Two Oceans. “Daarom hou ons daarvan om eenvoudige en gemaklike smuloplossings voor te stel wat puik werk saam met ons fluweelsagte en smaaklike wyne.
“Platbrode is vinnig, maklik en goedkoop om te maak. Hulle is ook veelsydig aangesien mens verskillende bolae kan skep wat jou gaste en elke geleentheid sal pas.
“Vir somer beveel ons ons vars en verfrissende sauvignon blanc aan met ’n platbrood met ’n bolaag van sumakgegeurde (ook bekend as wildegranaat of jakkalspruim) dukkah. Die suurlemoengeure van die wildegranaat en die spesery- en neutgeure van die dukkah bring die beste van die groen en tropiese geure van die wyn na vore.”
Die wyn het vroeër vanjaar ’n silwermedalje op die gesaghebbende International Wine & Spirit Competition in Londen gewen.
Jackie beveel ook Two Oceans se Shiraz Rosé aan, ’n droë wyn met sappige, speseryagtige pruimsmake, as maat vir ’n platbrood besprinkel met papawersaad en growwe sout. “Sowel die wyn as die saad het ’n effense peperige smaak en hulle vorm gevolglik ’n heerlike kombinasie.
“Hierdie platbrode is byvoorbeeld ideaal vir langs die swembad of terwyl daar sport op TV gekyk word en mens kan hulle net so of met doopsouse gemaak van gerookte vis, kaas, olywe en avokado aanbied, of met wat jy ook al geniet.”