1 ringkoek
Bestanddele
2 eiers
312 ml (1¼ k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
5 ml (1 t) vanielje
375 ml (1½ k) piesangs, fyn gedruk
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
187 ml (¾ k) karringmelk
VERSIERSEL
60 ml (4 e) sagte botter
625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
2,5 ml (½ t) karamelgeursel
30 ml (2 e) melk
paar pekanneute, fyn gekap
fyn kaneel vir bo-oor
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
2. Voeg olie en vanielje by en klits 2 min.
3. Roer piesang by tot goed gemeng.
4. Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout.
5. Meng meelmengsel en karringmelk beurtelings by eiermengsel tot goed gemeng.
6. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan met 24 cm-deursnee.
7. Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Laat koek bietjie in koekpan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
9. Versiersel: Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjies-bietjies by terwyl ge¬klits word. Voeg karamelgeursel en melk by as versiersel te styf word. Klits tot romerig.
10. Smeer versiersel bo-oor koek wanneer heeltemal koud.
11. Sprinkel pekanneute en fyn kaneel bo-oor. Vk