Pampoenplaatkoekies.
ongeveer 24 plaatkoekies
Bestanddele
312 ml (1¼ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
1 ml sout
2 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) gaar botterskorsie, fyngemaak
ongeveer 250 ml (1 k) olie
Metode
1 Sif koekmeel, bakpoeier en sout.
2 Klits eiers en melk tot goed gemeng. Meng botterskorsie by.
3 Meng botterskorsiemengsel by meelmengsel tot beslag vorm.
4 Skep eetlepels vol van beslag in olie wat goed warm is.
5 Bak aan albei kante tot goudbruin en gaar in middel.
6 Sit saam met botter en gouestroop of selfs maalvleis voor.
