Grenadellapoedinkies
4 tot 6 porsies
Bestanddele
POEDING
625 ml (2½ k) water
375 ml (1½ k) suiker
30 ml (2 e) mielieblom
5 ml (1 t) suurlemoensap
1 k of 2 x 115 g-blikkies grenadellapulp
2 ekstragroot eierwitte
30 ml (2 e) strooisuiker
STROOP
250 ml (1 k) grenadellasap van Woolworths
30 ml (2 e) strooisuiker
5 ml (1 t) suurlemoensap
10 ml (2 t) mielieblom
Metode
- Poeding Verhit water en suiker in kastrol tot kookpunt.
- Roer tot suiker opgelos is en laat nog 2 minute kook.
- Maak solank mielieblom, suurlemoensap en grenadella-pulp tot gladde pasta aan terwyl suikermengsel kook.
- Voeg grenadellamengsel stadig by suikermengsel en roer goed tot mengsel glad is.
- Verhit mengsel tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vir 5 minute tot mengsel verdik het.
- Verwyder kastrol van hitte. Laat mengsel tot kamertemperatuur afkoel.
- Klits eierwitte saam met strooisuiker styf. Vou by grenadellamengsel in.
- Skep grenadellamengsel in vormpies wat met kossproei gespuit is.
- Plaas oornag in yskas.
- Grenadellastroop Verhit sap, suiker, suurlemoensap en mielieblom (wat eers met bietjie van sap tot pasta aangemaak is) tot kookpunt.
- Laat vir 2 minute kook. Verwyder van hitte.
- Laat effens afkoel en sit saam met uitgekeerde poedinkies voor.