Roomys met soetsuur aarbeie.
4 porsies
Bestanddele
ROOMYS
380 g (1 blik) laevet- ingedampte melk, yskoud
250 g (1 bakkie) laevetroomkaas
125 ml (½ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje
SOETSUUR AARBEIE
250 g (1 pakkie) aarbeie
75 ml (5 e) strooisuiker
45 ml (3 e) balsemieke asyn
Metode
1 Roomys Klits ingedampte melk tot goed styf.
2 Klits roomkaas by tot glad. Roer strooisuiker by.
3 Klits vanielje by en plaas in vrieskas tot gestol.
4 Roer elke twee uur deur om te voorkom dat roomys yskristalle vorm (doen dit drie keer). Plaas oornag in vrieskas tot hard.
5 Soetsuur aarbeie Was aarbeie en ontstingel. Halveer en plaas in geskikte houer.
6 Meng strooisuiker en asyn goed en gooi bo-oor aarbeie. Plaas in yskas vir drie uur.
7 Sit aarbeie saam met roomys voor.