In hierdie reeks kuier ons by mense wat boerekos kén en luister na wenke en wyshede en die dinge wat die ou mense gesê het en so tussen die gepratery is daar ‘n gekokery en na die gekokery is daar ‘n geproeëry. Dit neem ons op reis na plekke met bekoorlike name soos Dwarskersbos, Scherpenheuvel en Baardskeerdersbos. Ons gaan kuier van die Sandveld tot die Strandveld, van die Weskus tot die Boland, tot die Overberg en die Karoo.
Bestanddele
3 eiers
1½ k meelblom
1 t sout
’n paar E water vir aanmaak
5 k melk en ‘n stuk pypkaneel
Metode
- ’n Mens kook die snysels lekker stadig in die melk, saam met ‘n paar kaneelstukke.
- Dan is dit gereed om op te dien.
- Ten slotte kan ‘n mens kaneelsuiker oorstrooi.
- Moet dit nie te veel laat afkoel voor jy dit opskep nie.
Die gasvrou, Dine van Zyl, is ‘n ervare skrywer en joernalis, en het dit haar lewenstaak gemaak om
boerekosresepte en -gebruike aan te teken, te bewaar en te laat herleef. Sy het reeds vyf boeke oor
die onderwerp geskryf en ‘n sesde verskyn later vanjaar. Sy praat met die stem van ‘n Bolander en kus-
bewoner. Sy is ‘n kenner van alle aspekte van boerekos – die herkoms, die kultuur, die gebruike, die
resepte. As sy hieroor begin gesels, raak mense eers stil – en dan wil almal saampraat.