8 bolletjies
Bestanddele:
500 ml (2 k) witbroodmeel
45 ml (3 e) suiker
1,25 ml (1/4 t) sout
1 pakkie Anchor-kitsgis
1 eier
160 ml (2/3 k) louwarm melk
30 ml (2 e) sagte botter
1 eier
15 ml (1 e) melk
LEES OOK: Bak ‘n spinasie-en-feta-brood
Metode:
Verhit oond tot 170 °C en berei koekpan deur dit met botter te smeer.
- Meng witbroodmeel, suiker, sout en gis.
- Klits eier en meng met louwarm melk.
- Roer melkmengsel by meel totdat sagte deeg vorm.
- Knie op meelbestrooide oppervlak vir vyf minute en voeg botter by. Knie vir verdere 20 minute totdat deeg nie meer aan jou hande vassit nie.
- Vorm ronde bal, bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel die volume.
- Verdeel deeg in agt ewe groot bolletjies en pak in koekpan. Bedek met plastiek en laat rys tot dubbel die volume.
- Klits eier en melk en verf uitgerysde bolletjies versigtig daarmee.
- Bak vir 25 minute tot goudbruin en gaar.
WENK
Laat rys die deeg op ’n warm plek soos in jou kar se kattebak