Verras jou gaste met dié ongewone muffins
Deur MARLO KITS HOFF -CARSTENS
Foto ELMARIE KNAPTON
12 muffins
75 ml (5 e) olie
250 ml (1 k) suiker
2 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
90 ml (6 e) melk
560 ml (2¼ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
1 8 vars lietsjies, afgedop en gehalveer of 565 g (1 blik) lietsjies gedreineer en gehalveer
VIR BO-OOR
45 ml (3 e) suiker
Stel oond op 180 °C
1 Klits olie, suiker, eiers en vanielje in mengbak en klits met elektriese klitser vir drie minute.
2 Roer melk by en meng goed.
3 Sif meel, bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel tot gemeng.
4 Roer lietsjies by beslag.
5 Skep beslag in muffinpanne wat met muffinpapiertjies uitgevoer is.
6 Sprinkel suiker oor muffins.
7 Bak vir 20 minute of tot gaar.
8 Laat afkoel en sit voor soos verkies.