Bestanddele
KOEK
250 g (½ blok) botter
500 ml (2 k) strooisuiker
4 eiers
125 ml (½ k) melk
5 ml (1 t) vanielje
750 ml (3 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
SJOKOLADESTROOP
500 ml (2 k) suiker
125 ml (½ k) versiersuiker
75 ml (5 e) kakao
250 ml (1 k) water
45 ml (3 e) botter
750 ml (3 k) klapper
VERSIERING
250 ml (1 k) dikroom
5 ml (1 t) Kahlua-likeur
15 ml (1 e) versiersuiker, gesif
60 ml (4 e) aarbeikonfyt
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Koek: Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig.
2 Voeg eiers by en klits tot goed gemeng.
3 Roer melk en vanielje by en meng goed.
4 Sif koekmeel, bakpoeier en sout. Meng meelmengsel by bottermengsel.
5 Skep beslag in gevoerde oondpan. Bak vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
6 Laat koek effens afkoel en keer op afkoel¬rakkie uit tot heeltemal afgekoel.
7 Sny kante van koek af en sny verder in blok¬kies van 3,5 cm x 3,5 cm.
8 Sjokoladestroop: Verhit bestanddele vir sjokoladestroop, behalwe klapper, in kastrol tot kookpunt. Laat sous effens afkoel en doop koekblokkies daarin.
9 Rol blokkies in klapper. Laat oornag staan en sny horisontaal in helfte deur.
10 Versiering: Klits room saam met likeur en versiersuiker tot styf.
11 Skep van roommengsel op een lamington¬helfte en bietjie konfyt op ander helfte.
12 Plaas twee helftes opmekaar. Rond verder af soos verkies.