4 porsies
Bestanddele
125 ml (½ k) suiker
60 ml (4 e) mielieblom
45 ml (3 e) kakao
1 ml sout
750 ml (3 k) vetvrye melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
enige vars vrugte, soos bessies en granaatpitte
Metode
1 Plaas suiker, mielieblom, kakao en sout saam in ‘n kastrol en meng goed.
2 Voeg melk by en verhit oor medium hitte tot kookpunt terwyl jy af en toe roer.
3 Wanneer kookpunt bereik is, laat dit nog op stoofplaat sodat dit borreltjies vir 3 minute maak en roer sodat dit kan verdik.
4 Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
5 Spoel vier ramekinbakkies met 6 cm-deursnee met water uit en verdeel sjokolademengsel tussen ramekinbakkies.
6 Plaas in yskas vir 4 uur tot gestol.
7 Dompel ramekinbakkies net vinnig in koue water en keer dan uit op geskikte opdienbordjies.
8 Sit voor saam met vars vrugte soos verkies.
WENK Jy kan hierdie nagereg maklik vir diabete verander. Vervang slegs die suiker met suikerplaasvervanger