Trek die kondensmelk nader vir ’n fees van soetigheid met hierdie kondensmelkmelktert
2 melkterte
Bestanddele
Kors
800 g (2 rolle) gekoopte skilferkorsdeeg
Vulsel
794 g (2 x 397 g-blikke) kondensmelk
1 100 ml water
2 kaneelstokkies
187 ml (¾ k) mielieblom
2,5 ml (½ t) sout
5 eiers, geskei
20 ml (4 t) botter
5 ml (1 t) vanielje
Afronding
ongeveer 15 ml fyn kaneel
MAAK OOK: Korslose melktert
Metode
Stel oond op 200 °C.
- Kors Voer twee tertborde met 20 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is met skilferkorsdeeg.
- Hou in yskas tot benodig.
- Vulsel Verhit kondensmelk, water en kaneelstokkies in groot kastrol tot kookpunt.
- Maak mielieblom en sout met bietjie van kondensmelkmengsel tot gladde pasta aan.
- Klits eiergele en voeg by mielieblommengsel. Roer tot glad. Voeg nog bietjie van kondensmelkmengsel by en roer goed.
- Gooi mielieblommengsel by kondensmelkmengsel in kastrol. Roer gedurig tot begin verdik.
- Verwyder van stoofplaat. Roer botter en vanielje by.
- Klits eierwitte tot styf en vou by melkpap in.
- Skep in skilferkorsdeeg en bak vir eerste 10 min. teen 220 °C. Draai hitte laer na 180 °C en bak nog 20 min. tot gaar.
- Afronding Laat melkterte afkoel en sprinkel fyn kaneel bo-oor indien verkies.