Wanneer laas het jy fudge gemaak? Probeer dié koffievariasie.
Bestanddele
1 blikkie (397 g) kondensmelk
500 ml (2 k) strooisuiker
125 ml (½ k) margarien
2.5 ml (½ t) vanielje-ekstrak
10 ml (2 t) kitskoffiepoeier
Metode
- Meng die kondensmelk, strooisuiker en margarien in ‘n mikrogolfoondvaste bak. Mikrogolf dit op hoog vir 2 minute of totdat die margarien gesmelt is en meng alles tesame.
- Kook vir nog 8 minute op hoog, hou net dop dat dit nie oorkook nie.
- Voeg die vanielje en koffiepoeier by en roer dan vir 5 minute voordat jy dit in ‘n glasbak gooi.
- Laat dit afkoel en sny in blokkies. Moenie dat dit heeltemal afkoel voor jy begin sny nie, want dan gaan jy sukkel.
Wenke
- Om die fudge nog interessanter te maak kan jy 125 ml gekapte pekanneute en 125 ml gedroogde bosbessies saam met die vanielje en koffiepoeier byvoeg.
- Voeg karamelgeursel by vir meer van ‘n toffiefudgegeur.
- Jy kan ook 125 ml sjokoladeklontjies byvoeg nadat jy dit vir 5 minute geroer het en dit dus al begin afkoel het.