Klapperkoekies.
ongeveer 48 koekies
Bestanddele
125 g (¼ blok) sagte botter
375 ml (1½ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje
5 ekstragroot eiers
400 g (5 k) fyn klapper
125 ml (½ k) bruismeel
knypie sout
100 g (1 boksie) heel rooi glanskersies, gehalveer
Metode
Stel oond op 160 °C.
1 Room botter en strooisuiker tot liggeel. Klits vanielje by.
2 Klits eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
3 Roer klapper, bruismeel en sout by tot gemeng.
4 Skep teelepels vol van beslag op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
5 Plaas halwe kersie bo-op elke koekie. Druk kersies effens in.
6 Bak vir 25 min. of tot net goudbruin.
7 Laat koekies heeltemal op bakplaat afkoel.
8 Bêre in lugdigte houer.