Bedien 6
Bestanddele
90 g (6 e.) koekmeel
90 g (6 e.) geel mieliemeel (polenta)
2 e. suiker
10g bakpoeier
15g (1 e.) poeiermelk (vir ‘n gesonder alternatief kan afgeroomde peiermelk gebruik word)
1 eier
165g karringmelk
½ e. heuning
120g ongesoute botter, gesmelt en verkoel
120g gerasperde cheddarkaas
2 repies brosgebraaide spek, fyngekap
koppie Bandito
s Jalapeño Slices, fyngemaak
1 e. spekvet
Metode
- Voorverhit die oond tot 180C
- Plaas n 20cm-broodpan daarin om warm te word.
- Meng die koekmeel, mieliemeel, suiker, bakpoeier en poeiermelk deeglik saam in ’n groot bak.
- Plaas die gekapte spek in ‘n braaipan en braai tot bros. Klits die eier, karringmelk, heuning en gesmelte botter in ‘n afsonderlike bak saam.
- Gooi die nat bestanddele in die droë bestanddele en voeg dan die spek, fyngemaakte Bandito’s Jalapeño Slices en gerasperde kaas by.
- Meng tot net gekombineer, moenie dit oordoen nie. Haal die warm broodpan uit die oond, verf dit met spekvet en gooi die mieliebroodmengsel daarin.
- Bak vir 25 tot 35 minute – of totdat die mieliebrood in die middel terugspring as daar liggies daarop gedruk word.
- Verkoel vir 10 minute in die pan voordat dit gesny en bedien word
Resepontwikkeling: Tantalizing Taste Events