Bestanddele
ongeveer 500 ml
60 ml (4 e) volroommelk
10 ml (2 t) Milo-poeier
385 g (1 blik) kondensmelk
110 g (2 x 55 g) Bar One-sjokolade, grofgekap
Metode
1 Plaas melk en Milo-poeier saam in kastrol en verhit tot melk warm is.
2 Roer tot Milo opgelos is. Draai stoofplaat se hitte laer.
3 Voeg kondensmelk en Bar One-stukkies by. Roer oor lae hitte terwyl jy roer tot sous glad is.
4 Sit dadelik met roomys voor.
WENK As Milo-sjokoladesous te dik is, kan jy nog volroommelk byvoeg