Bestanddele
200 ml room
15 ml (1 e) groentee
2 eiergele
60 ml (4 e) strooisuiker
Stel die oond op 140 °C.
Metode
1 Verhit die room saam met die groentee tot net voor kookpunt. Gooi deur ’n sif.
2 Klits die eiergele en strooisuiker saam en klits terwyl jy al die warm room byvoeg.
3 Verdeel die mengsel tussen vier ramekins en plaas die ramekins in ’n oondpan.
4 Gooi kookwater in die oondpan tot dit die helfte van die mengsels in die bakkies bereik en bak vir 40 minute tot dit gestol is.
5 Verwyder uit die oondpan en plaas in die yskas vir ongeveer vier uur.
6 Sprinkel bruinsuiker oor elke bakkie en smelt die suiker met ’n blaasvlam of onder die oond se rooster.
7 Bedien met die groenspanspeksalsa.