Hierdie poeding is nie net lekker nie, maar lyk ook mooi op die tafel
Grenadella-jogurtpoeding
6 porsies
500 ml (2 k) room
125 ml (½ k) suiker
115 g (1 blikkie) grenadellapulp
20 ml (4 t) gelatien
45 ml (3 e) water
500 ml (2 k) grenadellajogurt
1 Plaas room, suiker en grenadellapulp saam in kastrol en verhit tot net warm. Dit moenie borrel nie.
2 Spons solank gelatien in water. Wanneer gelatien gespons is, roer dit by warm roommengsel. Roer tot gelatien opgelos is.
3 Laat roommengsel vir 10 minute in kastrol afkoel.
4 Roer grenadellajogurt by afgekoelde roommengsel.
5 Verdeel tussen ses middelslag-vormpies.
6 Plaas in yskas vir drie uur tot gestol.
7 Hou vormpies in kookwater vir agt sekondes sodat dit makliker op opdienbord kan uitkeer.
8 Sit saam met ekstra grenadellapulp voor indien verkies.