Hierdie gooi-vinnig-bymekaar-beskuit is heerlik en vreeslik maklik om te maak
60 stukkies
Bestanddele
500 g (1 blok) botter
3 eiers
625 ml (2½ k) louwarm water
1,5 kg (12 k) bruismeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½ k) suiker
Maak ook neut-en-saad-beskuit
Metode
- Stel oond op 180 °C.
- Smelt botter. Klits eiers en water en roer by gesmelte botter.
- Meng bruismeel, bakpoeier, sout en suiker in groot mengbak.
- Roer bottermengsel by meelmengsel en meng goed.
- Voer twee oondpanne van 32 cm x 25 cm met bakpapier. Skep deeg daarin en maak gelyk bo-op.
- Bak vir 50 min. of tot toetspen skoon uitkom.
- Sny in stukkies en droog teen 70 °C vir 4-5 uur uit.