Marlo Carstens, ons kosredakteur, kies haar gunstelingresepte vir 2013. Dié glutenvrye sjokoladekoek is gewis ‘n gunsteling
10 tot 12 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) room
2 00 g (1 groot plak) melksjokolade, in blokkies gebreek
3 00 g (1 groot en 1 gewone plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
1 00 g (1/5 blok) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
7 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
1 ml sout 60 ml (4 e) fyngemaalde amandels
Metode
Stel oond op 160 °C.
1 Smelt room en sjokolade in kastrol oor lae hitte sodat sjokolade nie brand nie. Roer af en toe.
2 Sny botter in klein stukkies en roer saam met vanieljegeursel by tot sjokolade glad is. Verwyder van hitte.
3 Klits eiers, bruinsuiker en sout met elektriese klitser vir ongeveer 4 minute tot liggeel en donserig.
4 Giet gesmelte sjokolade by eiermengsel en meng.
5 Voeg amandels by en meng goed.
6 Spuit 10 klein ramekinbakkies of metaalhouertjies met kossproei en voer bodem met bakpapier wat presies in bodem pas uit. Spuit weer met kossproei.
7 Giet mengsel in houertjies tot effens meer as driekwart vol.
8 Plaas houertjies in oondpan en maak oondpan half met water.
9 Bak vir 70 minute tot gaar. Dit mag dalk nog nie heeltemal gestol wees nie, maar dis reg so.
10 Haal uit oond, haal uit waterbad en hou eenkant tot afgekoel. Plaas in yskas om heeltemal af te koel.
11 Keer baie versigtig met slaplemmes uit en sit as koek of nagereg voor.