6 porsies
Bestanddele
6 croissants
90 ml (6 e) frambooskonfyt
625 ml (2½ k) volroommelk
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
4 ekstragroot eiers
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
60 ml (4 e) gevlokte amandels
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Sny croissants oop, maar nie deur nie. Smeer in elke croissant 15 ml (1 e) konfyt.
2 Maak croissants toe en plaas in oondbak.
3 Klits melk, bruinsuiker, kaneel, eiers en vanieljegeursel goed saam.
4 Giet stadig oor croissants. Druk croissants met agterkant van lepel in melkmengsel sodat dit baie van melkmengsel kan absorbeer.
5 Sprinkel amandels oor en bedek oondbak met foelie.
6 Bak vir 45 minute of tot in middel gestol.
7 Sit warm saam met vla voor.