Vir ‘n lekkerte om die naweek in te lei, het Eloïse De Bruyn, Vrouekeur se kunsredakteur, almal op kantoor met hierdie soetdingetjie bederf. Sy sê dit is baie maklik en vinnig om te maak.
Bestanddele
1 rol puff pastry
125 ml botter
125 ml strooisuiker
30 ml kaneel
versiersuiker gemeng met bietjie water om dit loperig te maak.
Metode
- Rol die pastry so bietjie dunner.
- Smeer die botter oor.
- Strooi die suiker oor.
- Sprinkel die kaneel oor.
- Rol die pastry weer op.
- Sny in 1-2 cm skywe.
- O ja, en ek stel voor om die pan met bakpapier uit te voer.
- Bak vir so 30 min. teen 200 grade celsius.
- Smeer/drup die versiersuiker oor … en geniet!