Dié vyf-minute sjokoladekoekresep word al vir jare per e-pos en internet versprei. Dit is só gewild en boonop maklik dat dit al as die gevaarlikste resep in die wêreld beskryf is.
Die oorspronklik skepper van dié resep is ongelukkig onbekend.
Bestanddele
4 e meel
4 e suiker
2 e kakao
1 eier
3 e melk
3 e olie
‘n Paar druppels vanielje-ekstrak
1 groot koffiebeker
Metode
- Kombineer al die droë bestanddele en meng goed. Voeg die eier by en meng goed. Gooi melk en olie by en meng goed. Voeg laastens kom die vanielje-ekstrak by.
- Gooi die mengsel in koffiebeker en kook vir 3minute teen 1000 watts (op hoog). Die koek sal bo die rand van die koffiebeker rys, maar behoort nie oor te loop nie.
- Laat die koek afkoel en bedien.