Probeer hierdie resep, dit is n moet
DEUR: Anchor Yeast
Bestanddele:
360 g koekmeelblom (3 k)
5 ml soet (1 t)
60 ml suiker (4 e)
60 g margarien
10 g Anchor Kitsgis (1 pakkie)
2 groot eier, geklits
60 ml louwarm water (¼ k)
60 ml louwarm melk (¼ k)
60 ml geroosterde, fyngemaakte
Amandels
geresperde skil van 1 suurlemoen
Vulsel:
45 ml mielieblom (3 e)
500 ml melk (2 k)
1 eiergeel
125 ml strooi suiker (½ k)
250 g dadels, geweek en gekap
30 g margarine
Versiersel:
200 g versiersuiker
1 eierwit
sap van 1 suurlemoen
45 ml geroosterde amandels
Wen hierdie Mellerware-versapper met Anchor Yeast. Klik hier om in te skryf
Metode:
- Meng al die droë bestanddele bymekaar en vryf die margarine deur die meel, met die vingerpunte. Voeg die Anchor Kitsgis by en meng deur.
- Voeg die geklitste eier, water en melk by om ‘n sagte deeg te vorm. Knie die deeg vir 10 minute, tot glad en elasties.
- Plaas die deeg op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak, bedek met ‘n liggies besmeerde plastiek en laat om te rus vir 10 minute.
- Knie die deeg af en voeg die fyngemaakte amandels en suurlemoenskil by. Werk die deeg totdat die bestanddele goed deurgewerk. Bedek weer en laat vir 5 minute rus.
- Meng die mielieblom met n bietjie van die melk, eieren suiker. Bring die dadels tot kookpunt in die res van die melk. Voeg van die warm melk en dadels by die mielieblom mengsel en voeg die botter by.
- Plaas terug oor die hitte en roer aanhoudend totdat die mengsel verdik het. Laat die mengsel om aft e koel en roer van tyd tot tyd om ‘n droë bolaag te verhoed.
- Knie die deeg af en rol uit op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak tot 1 cm dikte.
- Smeer die verkoelde vulsel eweredig oor die uitgerolde oppervlak. Rol beide kante na die middel tot opgerol. Druk effens vas in die middel.
- Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat, bedek met ‘n gesmeerde plastiek en laat staan op ‘n warm plek om te rys, omtrent 30 minute.
- Bestryk met geklitste eier en bak in ‘n voorafverhitte oond van 180 °C / 350 °F vir 20 – 25 minute, tot goudbruin.
- Sif die versiersuiker en klits by die eierwit en suurlemoensap. Versier die Stollen met die versiersuikermengsel terwyl nog warm. Besprinkel met geroosterde amandels.
- Laat goed afkoel totdat die versiersel gestol het en maak goed toe met kleefplastiek; of stoor in ‘n lugdigte houer. Stoor vir ten minste 2 weke voor gebruik sodat die stolen goed verryp.