Bak hierdie cappuccinokoek!
1 groot koek
125 g (¼ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
4 eiergele
45 ml (3 e) kitskoffie
75 ml (5 e) kookwater
5 ml (1 t) vanielje
250 ml (1 k) suurroom, teen kamertemperatuur
200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gesmelt
625 ml (2½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2 ml koeksoda
knypie sout
4 eierwitte
125 ml (½ k) strooisuiker
VERSIERSEL
75 ml (5 e) sagte botter
45 ml (3 e) kitskoffie
45 ml (3 e) kakao
125 ml (½ k) kookwater
500 g (4 k) versiersuiker, gesif
397 g (1 blik) gekookte kondensmelk
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Koek: Room botter en strooisuiker tot liggeel. Klits eiergele goed by.
- Meng koffie en kookwater in groot mengbak.
- Meng vanielje, suurroom en gesmelte sjokolade by koffie en hou eenkant.
- Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout.
- Meng sjokolademengsel en meelmengsel beurtelings by bottermengsel.
- Klits eierwitte tot amper styf. Voeg strooisuiker
- Bietjies-bietjies by en klits tot stywepuntstadium.
- Vou eierwitte by beslag in.
- Skep beslag in twee koekpanne met 22 cm-deursnee wat met bakpapier gevoer is.
- Bak vir 25 min. of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat koeke bietjie in koekpanne afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
- Versiersel: Room botter tot liggeel.
- Meng koffie, kakao en kookwater.
- Meng versiersuiker en kakaomengsel beurtelings by geroomde botter. Klits tot versiersuiker glad en romerig is.
- Sny koeke horisontaal in helfte deur en smeer gekookte kondensmelk op twee lae. Plaas twee koeklae bo-op.
- Smeer versiersuiker tussen twee koeklae wat met gekookte kondensmelk opmekaar geplak is.
- Smeer oorblywende versiersuiker bo-oor koek.
- Rond verder af soos verkies.