Hierdie broodpoeding poeding is maklik en gou om te maak
6 porsies
Bestanddele
8 snye witbrood
genoeg botter vir smeer
2 50 ml (1 k) tertappels, in stukkies gesny
80 ml (1/3 k) pekanneute, grofgekap
187 ml (¾ k) strooisuiker
4 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) volroommelk
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
1 ml sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
LEES OOK: Piesangbrood
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Gebruik witbrood wat ’n paar dae oud is en sny korsies af.
- Smeer elke sny brood dik met botter en sny in kwarte.
- Smeer oondbak van 18 cm x 26 cm goed met botter.
- Plaas laag broodblokkies wat effens oorvleuel in bak. Sprinkel tertappels, pekanneute en strooisuiker bo-oor.
- Plaas nog ’n laag broodblokkies bo-op.
- Klits eiers en melk. Roer room, kaneel, sout en vanieljegeursel by melkmengsel en giet stadig oor poeding.
- Plaas oondbak in groter oondpan. Vul oondpan half met water.
- Bak vir 45 minute of tot gestol in middel. As broodpoeding ná 30 minute te vinnig bruin raak, kan jy foelie bo-oor plaas en verder laat bak.
- Sit warm saam met vla voor.