Bestanddele
KOEK
* 2 eiers
* 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
* 187 ml (¾ k) olie
* 2,5 ml (½ t) vanielje
* 500 ml (2 k) koekmeel
* 10 ml (2 t) bakpoeier
* 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
* knypie sout
* 250 ml (1 k) gaar botterskorsie, verpulp
* 250 ml (1 k) wortels, fyn gerasper
* 50 g (½ pakkie) gemengde neute, gekap
VERSIERSEL
* 192,5 g (½ blik) gekookte kondensmelk
* 50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt
* 625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
* 125 g (½ bakkie) laevetroomkaas teen kamertemperatuur
Metode
Stel oond op 160 °C.
1 Koek Klits eiers en bruinsuiker goed saam.
2 Voeg olie en vanielje by en klits goed.
3 Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout. Roer meelmengsel by eiermengsel tot goed gemeng.
4 Meng botterskorsie, wortels en neute en vou by beslag in.
5 Verdeel beslag in twee gevoerde koekpanne met 20 cm-deursnee.
6 Bak vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7 Laat bietjie in koekpanne afkoel. Keer koeke op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
8 Versiersel Roer kondensmelk tot glad. Roer gesmelte sjokolade by.
9 Roer versiersuiker en roomkaas beurtelings by kondensmelkmengsel tot glad.
10 Versier koek soos verkies.