MERINGUE (word 2 keer aangemaak)
6 ekstragroot eierwitte
1 ml sout
250 ml (1 k) strooisuiker
250 ml (1 k) versiersuiker
10 ml (2 t) suurlemoensap
VULSEL
750 ml (3 k) room
30 ml (2 e) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) Griekse jogurt
5 00 g (1 groot houer) aarbeie,
ontstingel en gehalveer
250 ml (1 k) frambose
250 ml (1 k) bloubessies
Stel oond op 110 °C.
1 Voer vier bakplate met bakpapier uit.
2 Trek sirkels met potlood op bakpapier met deursnee van 20 cm, 18 cm, 16 cm, 14 cm, 12 cm en 10 cm. Moenie sirkels te naby aan mekaar trek nie. Posisioneer drie sirkels, bv 10 cm, 12 cm en 20 cm op twee bakplate en maak eerste meringuemengsel aan vir hierdie 3 sirkels.
3 Maak dan weer ’n meringuemengsel aan en gebruik weer twee bakplate en met sirkels van 18 cm, 16 cm en 14 cm daarop. Meringuesirkels gaan bietjie groter bak.
4 Klits eierwitte en sout met elektriese klitser tot sagte punte begin vorm.
5 Voeg strooisuiker en versiersuiker geleidelik by en klits aanmekaar tot dit glansend is en stywe punte begin vorm.
6 Voeg suurlemoensap by en klits weer met elektriese klitser tot goed styf.
7 Verdeel meringue tussen drie sirkels. Smeer meringue mooi tot op rand van sirkel. (Eerste mengsel)
8 Bak by 110 °C vir 90 minute. Draai oond se hitte af na 50 °C en bak vir nog een uur.
9 Skakel oond af. Hou oond se deur toe en laat meringues vir nog twee uur in toe oond afkoel.
10 Laat meringues heeltemal afkoel en berg in lugdigte houers tot benodig.
11 Vulsel Klits room saam met versiersuiker en vanieljegeursel tot sagte punte.
12 Roer jogurt by styfgeklitste room tot gemeng.
13 Plaas grootste meringue op opdienbord en skep genoeg roommengsel daarop. Sprinkel aarbeie, frambose en bloubessies bo-op.
14 Plaas volgende laag bo-op en genoeg roommengsel en bessies. Hou so aan tot al die meringuelae en roommengsel opgebruik is.
15 Rond met vars rose, pistasieneute en mintblaartjies af indien verkies. Sif versiersuiker bo-op en sit voor.
Wenke
- Bou die nagereg net voor bediening, anders word dit sag
- Die meringuelae kan reeds ’n week voor die tyd gemaak word en in ’n lugdigte houer geberg word