6 porsies
Bestanddele
BESSIELAAG
500 ml (2 k) vars bessies
125 ml (½ k) strooisuiker
125 g (½ pakkie) Boudoir-koekies
WIT LAAG
250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje
AFRONDING
aarbeie, gehalveer
bloubessies
Metode
- Bessielaag Verpulp bessies en strooisuiker tot glad.
- Plaas koekies op bodem van bakkies.
- Gooi bessiemengsel bo-oor.
- Wit laag Roer maaskaas tot glad. Klits room, strooisuiker en vanielje styf. Roer room by maaskaas.
- Skep maaskaasmengsel bo-oor bessiemengsel.
- Afronding Sit poeding saam met vars bessies voor.
