Om ‘n diabeet te wees, beteken nie dat jy nie meer lekker mag eet nie. Hier is ‘n heerlike resep vir aarbeimousse.
6 porsies
Bestanddele
10 ml (2 t) gelatien
30 ml (2 e) water
500 g (1 pakkie) aarbeie, ontstingel, gewas en gepuree
60 ml (4 e) Huletts Sugalite
380 g (1 blik) laevet- ingedampte melk, oornag verkoel
Metode
1 Spons gelatien op water.
2 Meet aarbeipuree af sodat jy 250 ml puree het. Verhit in kastrol tot kookpunt. Roer Sugalite daarby.
3 Roer gesponste gelatien by warm aarbeipuree. Roer tot gelatien opgelos het.
4 Haal kastrol van stoofplaat af om effens af te koel.
5 Klits 250 ml (1 k) ingedampte melk tot dik met elektriese klitser vir ongeveer 3 minute tot styf. As koue ingedampte melk nie gebruik word nie, sal dit nie styf word nie.
6 Vou aarbeimengsel by styfgeklitste ingedampte melkmengsel in.
7 Skep in klein bakkies vir individuele porsies.
8 Sit in yskas tot gestol.
WENK Plaas ingedampte melk 1½ uur in vrieskas as jy baie haastig is of vergeet het om dit oornag in yskas te plaas