Bessies is nou volop beskikbaar en baie bekostigbaar. Maak iets lekkers daarmee
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER
Foto’s ANDREA CALDWELL
24 kolwyntjies
4 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
560 ml (2¼ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml sout
60 ml (4 e) melk
187 ml (¾ k) aarbeipuree
125 ml (½ k) olie
AARBEIVERSIERSUIKER
2 50 g (½ blok) wit Wooden Spoonmargarien
by kamertemperatuur
1 kg (1 groot pak) versiersuiker, gesif
1 ml bakpoeier
10 ml (2 t) volroommelk
60 ml (4 e) aarbeipuree
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 druppels rooi voedselkleursel
Stel oond op 180 °C.
1 Aarbeikolwyntjies Klits eiers, suiker en vanieljegeursel saam tot donserig.
2 Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
3 Roer melk, aarbeipuree en olie bymekaar en roer dan gesifte meel- en melkmengsel beurtelings by eiermengsel tot goed gemeng.
4 Verdeel beslag tussen 24 muffinpapiertjies wat in muffinpannetjies geplaas is.
5 Bak vir 15–18 minute of tot toetspen skoon uitkom.
6 Haal kolwyntjies uit en plaas op afkoelrakkie om heeltemal af te koel.
7 Aarbeiversiersuiker Room margarien met elektriese klitser tot romerig, ongeveer vyf minute.
8 Meng versiersuiker en bakpoeier. Skep ongeveer 500 ml (2 k) van versiersuiker by margarien.
9 Roer ook melk, aarbeipuree en vanieljegeursel by margarienmengsel. Klits met elektriese klitser tot pofferig, ongeveer drie minute.
10 Voeg versiersuikermengsel verder bietjies op ’n slag by en hou aan klits tot goed gemeng, ongeveer drie minute.
11 Voeg voedselkleursel by en klits weer deur tot goed gemeng.
12 Versier kolwyntjies met aarbeiversiersuiker en neute indien verkies.