Hierdie garnaal-en-pynappelsosaties is ‘n heerlike happie!
4 porsies
Bestanddele
8 sosatiestokkies
600 g groot garnale, gaar en afgedop
1 groot pynappel, geskil en in bloke gesny
SOUS
30 ml (2 e) witwynasyn
30 ml (2 e) vissous
30 ml (2 e) suiker
60 ml (4 e) avokado-olie
gedroogde brandrissievlokkies soos verkies
handvol vars koljanderblare, fyngekap
Metode
- Week sosatiestokkies vir ongeveer een uur in water sodat dit nie brand wanneer gerooster word nie.
- Ryg garnale en pynappelblokkies op sosatiestokkies.
- Sous Meng bestanddele en skep helfte van sous oor garnale. Braai aan albei kante tot pynappel begin sag word. Kan ook in oond gerooster word.
- Pak blaarslaai in opdienbord en plaas sosatiestokkies bo-op.Giet oorblywende sous oor sosaties.