Maak garam masalahoender vandag!
4–6 porsies
Bestanddele
GARAM MASALA-MENGSEL
60 ml (¼ k) fyn komyn
60 ml (¼ k) fyn koljander
30 ml (2 e) fyn kardemomsade
15 ml (1 e) swartpeper
20 ml (4 t) fyn kaneel
10 ml (2 t) fyn naeltjies
10 ml (2 t) fyn neutmuskaat
HOENDER
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, fyngedruk
40 ml (8 t) garam masala-mengsel
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
30 ml (2 e) tamatiepasta
375 ml (1½ k) natuurlike jogurt
knypie rooipeper
100 g (1 pakkie) kasjoeneute
Metode
- Garam masala-mengsel Meng al die speserye en hou eenkant.
- Hoender Braai uie en knoffel tot sag. Voeg garam masala-mengsel by en braai verder.
- Voeg hoender en tamatiepasta by en braai verder.
- Giet jogurt en rooipeper by en kook tot droog en hoender gaar is.
- Roer kasjoeneute deur en bedien met ekstra jogurt en naanbrood.