Bestanddele
1 bossie beet
30 ml witasyn
30 ml suiker
5 ml gekapte, vars kruisement
Metode
- Kry ‘n groot stuk foelie. Plaas die beet – stingels en blare verwyder – daarop. Vou dit toe in die foelie en bak in ‘n voorverhitte oond van 180 °C uur vir ‘n uur en ‘n driekwart. Laat dit net daar in die foelie vir nog ‘n halfuur.
- Maak nou die foeliepakkie oop en trek ‘n handskoen aan as jy bang is vir pienk vingers. Trek dan die beet se skille af. Sny in die dunste skyfies wat jy moontlik kan.
- Meng die witasyn en suiker. Voeg die kruisement by. Gooi dit oor die beetskyfies. Laat die beetskyfies eenkant om in die soet asyn te baai. Sprinkel met nog grofgekapte kruisement nadat jy dit op ‘n opdienbord uitgepak het.